Skoolreëls wat die gedragskode van leerders onderskryf
ALGEMEEN
Alle leerders moet alle skooldae aanwesig wees. Indien ‘n leerder afwesig is, moet die ouer skriftelik verskoning aanbied.
Geen leerder mag iets van iemand anders sonder sy/haar toestemming neem nie.
Alle verlore goedere moet by die sekretaresse ingehandig word.
Geen leerders mag tydens skoolure of skoolbedrywighede kougom eet nie. Dit sluit ook plekke buite die skool in wanneer die leerder skoolklere aan het.
Die openbare telefoon mag nie tydens onderrigtyd, sonder toestemming van die betrokke onderwyser, deur leerders gebruik word nie.
Geen leerder mag die skoolterrein tydens skoolure, sonder toestemming van die skoolhoof, verlaat nie.
Leerders mag die skoolterrein slegs deur die verskillende hekke verlaat of binnekom.
Geen leerder mag op die skoolterrein met ‘n fiets ry nie. Alle fietse word tydens skoolure of tydens sport- en kultuurbedrywighede in die fietsrakke gebêre en gesluit.
Leerders mag onder geen omstandighede rommelstrooi nie. Enige vorm van rommel moet in vullishouers geplaas word.
Geen leerders mag soggens voor skool of tydens pouses sonder toestemming in die skoolgebou wees nie.
Leerders mag nie enige daad van onwelvoeglikheid op die skoolterrein of buite skoolterrein in skoolklere/gewone kleredrag pleeg nie. Geen leerder mag hom/haar skuldig maak aan ontbloting, betasting of molestering of enige ander vorm van onsedelikheid nie. Geen leerder mag in besit wees van ongewenste
materiaal (pornografie), dwelmmiddels, alkohol of sigarette nie.
Die hoofingang word slegs deur onderwysers, ouers en besoekers gebruik.
Geen leerder word voor 07:00 in die skoolgebou toegelaat nie.
Geen skooleiendom mag opsetlik beskadig word deur daarop te krap of dit te breek nie. (vandalisme) Dit sluit ook eiendom van ander leerders en onderwysers in.
Indien dit reën, staan leerders ordelik in rye in die gang voor die klaskamer met tasse weg van die muur.
Geen leerder mag in besit wees van gevaarlike wapens en/of toerusting nie.
Leerders mag hulle nie skuldig maak aan rassisme, beledigende opmerkings, boelieïsme of viktimisasie nie.
Geen leerder mag beledigende taal, vloekwoorde, vuil taal gebruik of neerhalend van ‘n persoon praat nie.
Geen leerder mag in bome klim nie.
KLASKAMER
Alle leerders moet deur hul gedrag (gehoorsaamheid, welvoeglikheid en eerlikheid) ’n bydrae lewer tot die goeie orde in die klaskamer. Leerders moet te alle tye die waarheid praat.
Van elke leerder word verwag om sy taak pligsgetrou uit te voer. Take en huiswerk moet dus altyd getrou gedoen word.
Elke leerder moet respek teenoor sy onderwyser en maats toon deur hoflik op te tree.
No learner may eat any form of food in the class without permission.
Leerders moet te alle tye die nodige skooltoerusting by die skool hê.
Leerders mag nie laat vir klasse wees nie.
Leerders moet te alle tye hulle samewerking in die klas gee om ’n omgewing te skep wat bevordelik is vir die akademiese ontwikkeling van elke leerder.
Leerders mag hulle nie skuldig maak aan die volgende nie :
ontwrigting van klasse,
rondgooi van enige voorwerpe,
ongevraagde op-/aanmerkings,
ongewenste geluide maak,
onnodige ronddrentel,
steur/onnodig praat terwyl ‘n onderwyser klasgee,
besig wees met ander skoolwerk as werk van die betrokke periode,
rommel strooi in klaskamers,
vandalisme of beskadiging van skool- of private eiendom.
Learners may not be absent from class without permission.
Alle billike opdragte van leerkragte moet stiptelik uitgevoer word.
Alle hand- en skryfboeke moet baie netjies opgepas word. Daar mag nie met ‘n pen in handboeke geskryf word, geen bladsye uitgeskeur word en geen prente in handboeke geteken word nie. Slegs die leerder se naam en van word met pen op die uitreikingsetiket geskryf. Die skool se voorgeskrewe handboekbeleid moet dus gevolg word.
Geen leerder word toegelaat om by ‘n klaskamer se venster uit te hang nie.
Geen voorwerp mag by ‘n klaskamervenster uitgegooi word nie.
Daar mag nie met balle in die klas gespeel word nie.
Selfone word nie by die skool toegelaat nie.
SAALBYEENKOMS
Geen leerder mag die saalbyeenkoms ontwrig deur aan maats te stamp, te stoot of hulle te steur nie.
Tydens die sing van die Volkslied/Skoollied moet elke leerder op aandag staan.
Geen ameublement mag tydens byeenkomste deur leerders rondgeskuif word of daarteen geskop word nie. Geen voete op stoele nie.
Leerders moet die saal ordelik en stil binnegaan en verlaat.
Saalbyeenkomste is verpligtend vir alle leerders, behalwe as ‘n reëling deur die ouers en/of opvoeders met die skoolhoof getref is.
TOILETTE
Geen leerder mag in die toilette/kleedkamers speel of eet nie.
Leerders mag nie met toiletpapier of met water mors of op vloere skaats nie.
Leerders moet die toilette spoel nadat dit gebruik is.
Geen toebroodjies, papiere of ander voorwerpe mag in die bakke gegooi word nie.
Skrywery op spieëls, deure en mure is ontoelaatbaar
Alle krane moet na gebruik toegedraai word.
Hang alle handdoeke netjies oor die handdoekreëlings
GANGE
Leerders moet tydens klaswisseling agter mekaar en aan die linkerkant van die gang stap.
Leerders moet hulle tasse in die regterhand dra en van die muur af wegbly.
Leerders moet hulle ordelik in die gange gedra.
Geen leerder mag in die gang/op trappe hardloop of gil nie.
Learners may not throw balls, objects and/or water in the passages.
Alle rugsakke en tasse met wieletjies moet in die skoolgebou gedra word.
POUSES
Leerders speel op die speelterrein soos aangedui en nie op die parkeerterrein en tussen die personeel en besoekers se motors nie.
Geen gevaarlike speletjies mag deur leerders gespeel word nie. (rugby, ...)
Leerders moet flink na die eerste klok na die rye beweeg. As die tweede klok gelui het, moet alle leerders in hul rye wees, stile staan en stil bly.
BUITEMUURS
Leerders wat onderneem het om aan kulturele- en/of sportbedrywighede deel te neem, mag nie sonder verskoning afwesig wees nie.
Leerders moet betyds by oefeninge en wedstryde/optredes opdaag.