Laerskool Overberg
  • Tuis
  • Ons Skool
    • Meer oor ons skool
    • Algemene Inligting
    • Personeel
    • Gedragskodes
    • Skoolreëls
  • KOMMUNIKASIE
    • Algemeen
    • Jaarblad
    • Jaarverslag
    • Kwartaal- & Jaarprogram
  • AKADEMIE
    • Akademie Algemeen
    • Vraestelle
  • Kultuur
  • Sport
  • Media
    • Foto's
    • Video's
    • Opvoedkundige artikel
  • Kontak ons

Ons Skool

Algemene Inligting

Skoolure

Dag
Aanvangstyd
​Sluitingstyd
​Sluitingstyd
Graad
​GR. 1 – 7
​GR. 4 - 7
​GR. 3
​GR. 1-2
​Maandag
 07:30
​13:50
​13:50
​13:10
​Dinsdag
​07:30
​13:50
​13:10
​13:10
Woensdag
​07:30
​13:50
​13:50
​13:10
Donderdag
​07:30
​13:50
​13:10
​13:10
​Vrydag
​07:30
13:50
13:10
13:10

Skoolbywoning

Skoolbywoning is verpligtend. In geval van afwesigheid, moet die ouers skriftelik deur die klasopvoeder aan die skoolhoof ‘n rede verstrek waarom u kind(ers) afwesig gaan wees. In dringende gevalle kan dit telefonies gedoen word, maar moet dit opgevolg word met ‘n bevestigende brief.
 
Indien ‘n leerder ‘n toets/eksamenvak gedurende die toetsreeks/eksamentyd mis, moet ‘n doktersertifikaat ingehandig word. Indien dit nie gedoen word nie, ontvang u kind geen kode/punt vir die assessering nie.
 Geen leerder sal gedurende die skooldag die skoolterrein verlaat indien die ouer(s) nie skriftelike toestemming gegee het deur ‘n brief te skryf of ‘n brief by die kantoor te voltooi nie. 

Taalmedium


Graad 1 – 3: Taal van onderrig en leer: Afrikaans
Graad 4 -7: Taal van onderrig en leer: Afrikaans  

Picture

Algemene Inligting

  • Toelating en oorplasings
  • Ouerbesoeke
  • Gesondheid
  • Veiligheid
  • Vervoer
<
>
Wanneer  u aansoek doen om toelating tot Laerskool Overberg, moet u die volgende by die sekretaresse inhandig:
  • Voltooide aansoekvorm
  • Afskrif van die laaste evalueringsverslag en oorplasingsvorm van die leerder se vorige skool (graad 1 vanaf Januarie uitgesluit)
  • ‘n Afskrif van die identiteitsdokument van die leerder(s), asook beide ouers.
  • Sertifikaat van inentingsdatums
 
Laat weet die sekretaresse indien verandering van adres en/of telefoonnommer plaasvind. Indien u kind(ers) Overberg verlaat, moet u die sekretaresse  asseblief vroegtydig skriftelik in kennis stel. Maak seker dat u die oorplasingsvorm, wat die laaste skooldag beskikbaar gestel word, by die kantoor kom afhaal. Alle handboeke en biblioteekboeke moet aan die skool terugbesorg word voor u kind vertrek. Uitstaande skoolgeld moet ook vereffen word.
 
‘n Aansoeker wat ouer as twee jaar bo die gemiddelde ouderdom van die betrokke graad is, sal nie tot die skool toegelaat word nie.
 
Gemiddelde ouderdomme:
 Graad 1: 7
Graad 2: 8
Graad 3: 9
Graad 4: 10
Graad 5: 11
Graad 6: 12
Graad 7: 13

Ouers word versoek om nie gedurende skoolure klasse te besoek nie.  Afsprake kan deur die sekretaresse met opvoeders gemaak word.
Allergieë / Siektetoestand / Spesiale medisyne
 
Alle allergieë of chroniese siektetoestande moet skriftelik onder die aandag van die klasopvoeder en sekretaresse gebring word.  
 
Indien u kind sekere medikasie tydens skoolure moet gebruik, moet u die sekretaresse van die betrokke medikasie voorsien, gemerk met die kind se naam en duidelike gebruiksvoorskrifte.

U word vriendelik versoek om nie op die geelstrepe te parkeer nie. Dit belemmer die verkeersvloei en skep ‘n gevaar vir ons leerders. Leerders mag ook nie in die boonste verkeersirkel afgelaai word nie. 
 
Moet asseblief nie toelaat dat u kind te vroeg skool toe kom nie, aangesien die skool soggens om 07:00 oopgesluit word. Voor 07:00 is daar dus geen volwasse toesig nie.
 
Wanneer daar aandfunksies is, moet u sorg dat u u kind binne die skoolgebou ontmoet. Die leerders mag onder geen omstandighede toegelaat word om buite die skoolterrein te wag nie.

Die skool het ‘n Toyota mini-bus en twee Mercedes Sprinter busse waarin ongeveer 50 leerders vervoer kan word. Ouers word vriendelik versoek om met die vervoer van leerders te help, aangesien dit dikwels gebeur dat tot 180 leerders aan sportdae op naburige dorpe moet gaan deelneem. 

Beheerliggaam

Die skool se beheerliggaam is ‘n verkose komitee met ‘n driejaartermyn. Die beheerliggaam bestaan uit vyf ouers, die skoolhoof, twee opvoeders en een nie-opvoeder. Die beheerliggaam vergader twee keer per kwartaal.

Oueronderwysersvereniging (OOV)

  Die OOV-bestuur bestaan uit ‘n ouerverteenwoordiger uit elke graadgroep en twee opvoeders. Die hoofdoel van die OOV-bestuur is om fondsinsamelingsprojekte te identifiseer en te koördineer.

Finansiële komitee

Die finansiële komitee vind gewoonlik voor die beheerliggaamvergadering plaas. Die skool se finansiële sake word in die komitee bespreek en belangrike sake word na die beheerliggaam verwys.

Skoolgeld

Ouers word versoek om skoolgeld gereeld te betaal.  Volgens die SA Skolewet is die betaling van skoolgeld wetlik afdwingbaar.  Die beheerliggaam stel die skoolgeld vas by ‘n begrotingsvergadering wat gedurende die vierde kwartaal in die skoolsaal plaasvind. U ontvang 30 dae voor die begrotingsvergadering ‘n kennisgewing om u hieraan te herinner. Indien u vir vrystelling / gedeeltelike vrystelling van skoolgeld kwalifiseer, moet u binne drie dae na die ontvangs van hierdie prospektus met die finansiële sekretaresse in verbinding tree.

Leerlingleiers

Graad 6-leerders wat graag ‘n leerlingleier wil word, gaan deur ‘n keuringsproses en word demokraties verkies. Die leerlingleiers help met die organisasie en goeie orde in die skool. Dit word van ons leerders verwag om lojaal en gehoorsaam teenoor die leerlingleiers te wees.
TUIS
ONS SKOOL
KOMMUNIKASIE
AKADEMIE
KULTUUR
SPORT
FOTOS

laerskool overberg

Laingstraat 20 | Posbus 186 | Caledon | 7230
Tel: 028-214 1590/1 | Faks: 028-212 2606 | e-pos: admin@kleinovies.co.za
Proudly Adell Designs co (Pty)Ltd
© COPYRIGHT 2021. ALL RIGHTS RESERVED.
  • Tuis
  • Ons Skool
    • Meer oor ons skool
    • Algemene Inligting
    • Personeel
    • Gedragskodes
    • Skoolreëls
  • KOMMUNIKASIE
    • Algemeen
    • Jaarblad
    • Jaarverslag
    • Kwartaal- & Jaarprogram
  • AKADEMIE
    • Akademie Algemeen
    • Vraestelle
  • Kultuur
  • Sport
  • Media
    • Foto's
    • Video's
    • Opvoedkundige artikel
  • Kontak ons