Laerskool Overberg
  • Tuis
  • Ons Skool
    • Meer oor ons skool
    • Algemene Inligting
    • Personeel
    • Gedragskodes
    • Skoolreëls
  • KOMMUNIKASIE
    • Algemeen
    • Jaarblad
    • Jaarverslag
    • Kwartaal- & Jaarprogram
  • AKADEMIE
    • Akademie Algemeen
    • Vraestelle
  • Kultuur
  • Sport
  • Media
    • Foto's
    • Video's
    • Opvoedkundige artikel
  • Kontak ons

Akademie

U kind verdien die beste!
​

Onderrig by Laerskool Overberg is kerngesond

Liefde, dissipline en ‘n beskermde atmosfeer is die fondament waarop die akademie gebou word.
​Die afgelope sistemiese-toetsuitslae wat met die graad 3- en 6-leerders deur die WKOD en die Universiteit van Kaapstad gedoen is, getuig hiervan.

Graad 1 – 3

Vroeg in die nuwe jaar deurloop alle graad 1-leerders ‘n intensiewe motoriese en visuele vaardigheidsprogram.   Fisiese struikelblokke tot leer en ontwikkeling word sodoende onmiddellik geïdentifiseer.
  
Die 3 leerprogramme waaraan die leerders blootgestel word, is: Afrikaans en Engels, Wiskunde en Lewensvaardighede (LV). Lewensvaardighede sluit  Sosiale Wetenskappe (SW), Natuurwetenskappe (NW), Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW), Kuns en Kultuur (KK) en Tegnologie (TEG) in.

Graad 4 – 6

Die leerders word aan die volgende leerareas blootgestel: Huistaal (Afrikaans), Eerste Addisionele Taal (Engels), Wiskunde, Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Geografie), Natuurwetenskappe en PMW​

Graad 7

Die leerders word aan die volgende leerareas blootgestel: Huistaal (Afrikaans / Engels), Eerste Addisionele Taal  (Afrikaans / Engels), Wiskunde, Sosiale Wetenskappe (SW), Natuurwetenskappe (NW), Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW), Lewensoriëntering (LO), Tegnologie (TEG), en Kuns en Kultuur (KK).

Rekenaarlokaal

Laerskool Overberg het ‘n goed toegeruste rekenaarsentrum met 38 rekenaars en ‘n dataprojektor. Graad 4 – 7 ontvang twee keer per week rekenaaronderrig. Leerders werk op die Camy wiskunde- en leesprogram.  Rekenaarvaardighede word ook onderrig.

Onderwyserondersteuningspan (SGOS)

Die personeellede wat op die SGOS dien, is baie bekwame en ervare opvoeders. Die SGOS vervul ‘n reuse taak by die skool. Leerders wat struikelblokke tot leer- of gedragsprobleme ervaar, word op ‘n beplande rooster by die SGOS aangemeld. Alle besprekings word hoogs vertroulik hanteer. Verwysings na spesifieke terapeute of spesialiste word aanbeveel. Wenke t.o.v. bykomende klashulp deur die klasonderwyser word op skrif gegee.  
 
Die SGOS verwys ook leerders na leerondersteuningsdienste. Hierna word sommige leerders deur skoolsielkundiges geassesseer. Die SGOS help ook om plasing vir leerders in spesiale skole te kry waar elkeen se unieke leerhindernis aangespreek kan word. Die skool beskik ook oor twee remediërende onderwyseresse wat leerders ondersteuning bied wat deur die SGOS geïdentifiseer word.

Leerders moet die voorgeskrewe skooldrag dra tydens skoolure of skoolaktiwiteite

SKOOLKLERE

Somer

Seuns    
  • Swart kortbroek met blou strepe
  • Blou en swart gholfhemp
  • Kaalvoet / Wit sokkies met blou strepies + oorwegend wit tekkies 
 
Dogters
  • Swart  kortbroek met blou strepe 
  • Blou en swart gholfhemp
  • Kaalvoet / Wit sokkies met blou strepies + oorwegend wit tekkies
 
Op ‘n koue dag kan skoolsweetpakbostuk gedra word.  Indien volle sweetpak aangetrek word, moet wit sokkies met blou strepies + oorwegend wit tekkies gedra word.  Indien sweetpak gedra word,  moet oorwegend wit tekkies ook gedra word.  Indien die sweetpakbostuk by ‘n kortbroek of sweetpakbroek gedra word, moet die gholfhemp by die kortbroek/sweetpakbroek ingesteek word. Wanneer die gholfhemp saam met die kortbroek gedra word, moet die gholfhemp bo-oor die kortbroek hang.

Winter

Seuns en Dogters
  • Blou en swart gholfhemp
  • Volle skoolsweetpak
  • Wit sokkies met blou strepies  +  oorwegend wit tekkies
 
 Opsioneel by vir warmte
  • Swart “fleezy” bostuk met klein Ovie karaktertjies op.(slegs gedurende skoolure)
  • Swart skoolserp
  • OVIE Beanie (In die skool moet die beanie afgehaal word.)
  • Wit T-hemp met kort moue (onder skoolklere) 
Picture

ALGEMEEN KLERE

  • Die tekkies moet oorwegend wit wees.  Insetsels van blou/swart/grys word toegelaat.​ Geen “sneakers”/materiaalskoene word toegelaat nie. Tekkies moet toerygskoene wees en veters moet vasgebind wees. Die  “velgro” – tipe word ook toegelaat.   Indien u twyfel,  kan u met  mev. M. Maree in verbinding tree.
  • Die Ovie- “beanies” mag slegs na en van die skool gedra word.​

Verskaffers

Mev. Franceska Groenewald:  Dempersstraat 30, Caledon | Tel:  (028)  2123392
TUIS
ONS SKOOL
KOMMUNIKASIE
AKADEMIE
KULTUUR
SPORT
FOTOS

laerskool overberg

Laingstraat 20 | Posbus 186 | Caledon | 7230
Tel: 028-214 1590/1 | Faks: 028-212 2606 | e-pos: admin@kleinovies.co.za
Proudly Adell Designs co (Pty)Ltd
© COPYRIGHT 2021. ALL RIGHTS RESERVED.
  • Tuis
  • Ons Skool
    • Meer oor ons skool
    • Algemene Inligting
    • Personeel
    • Gedragskodes
    • Skoolreëls
  • KOMMUNIKASIE
    • Algemeen
    • Jaarblad
    • Jaarverslag
    • Kwartaal- & Jaarprogram
  • AKADEMIE
    • Akademie Algemeen
    • Vraestelle
  • Kultuur
  • Sport
  • Media
    • Foto's
    • Video's
    • Opvoedkundige artikel
  • Kontak ons