Laerskool Overberg
  • Tuis
  • Ons Skool
    • Meer oor ons skool
    • Algemene Inligting
    • Personeel
    • Gedragskodes
    • Skoolreëls
  • KOMMUNIKASIE
    • Algemeen
    • Jaarblad
    • Jaarverslag
    • Kwartaal- & Jaarprogram
  • AKADEMIE
    • Akademie Algemeen
    • Vraestelle
  • Kultuur
  • Sport
  • Media
    • Foto's
    • Video's
    • Opvoedkundige artikel
  • Kontak ons

Ons Skool

Gedragskodes

LEERDERS

Hiermee onderneem die Klein Ovie-leerders om

  • alle ouers, besoekers by die skool, opvoeders en mede-leerders te respekteer ongeag ras, geslag, godsdiens en taal
  • te alle tye ‘n hoë vlak van dissipline te handhaaf deur gehoorsaam te wees aan die skoolreëls
  • te alle tye lojaal te wees teenoor die skool
  • eerlik en opreg te wees
  • stiptelik te wees in alle werkopdragte en
  • wangedrag te rapporteer aan die verantwoordelike opvoeders
  • netjiese werk te lewer
  • liefde aan sy/haar medemens en skool te openbaar

Regte en pligte van Ovie-leerders

  • ‘n Ovie leerder het die reg om na geluister te word, maar die verantwoordelikheid om na ander te luister.
  • ‘n Ovie leerder het die reg op ‘n goeie opvoeding, maar die verantwoordelikheid om sy/haar onderwysers te respekteer.
  • ‘n Ovie leerder het die reg op liefde en beskerming, maar die verantwoordelikheid om vir ander om te gee en lief te wees.
  • ‘n Ovie leerder het die reg op spesiale behandeling, maar die verantwoordelikheid om sy/haar beste te gee.
  • ‘n Ovie leerder het die reg om foute te maak, maar die verantwoordelikheid om van sy/haar foute te leer.
  • ‘n Ovie leerder het die reg op ‘n mooi en skoon skoolomgewing, maar die verantwoordelikheid om sy/haar skool skoon te hou en nie rommel te strooi of op mure en meubels te skryf nie.
  • ‘n Ovie leerder het die reg om gesonde en voedsame kos te eet, maar die verantwoordelikheid om nie kos te mors nie.

OPVOEDERS

Hiermee onderneem die Klein Ovie-opvoeders om

Die opvoeder en die leerder
  • alle leerders by die skool te respekteer ongeag ras, geslag, godsdiens, vermoë
  • agtergrond en taal
  • te alle tye professioneel teenoor leerders op te tree
    • die waardigheid, privaatheid, vertroulikheid en regte van die leerders te eerbiedig
    • die individualiteit en behoeftes van elke leerder te erken
    • om onder geen omstandighede leerders te verneder nie en hulself te weerhou van enige vorm van fisiese of sielkundige misbruik
    • met gesag en deernis teenoor die leerders op te tree
    • binne haar/sy vermoë die nodige stappe te doen om die veiligheid van die leerders te verseker.
    • aanvaarbare taal te gebruik
    • nie die leerders seksueel, verbaal of liggaamlik te teister nie
  • daarna te strewe om hul leerders in staat stel om ’n stel waardes, soos vervat in die grondwet van Suid-Afrika, te ontwikkel

Die opvoeder en die ouer
  • goeie verhoudinge met elke ouer te bevorder
  • die ouer op gereelde grondslag in te lig oor die leerder se vordering (akademies en gedrag)
 
Die opvoeder t.o.v. die kollegas
  • nie die status en gesag van kollegas te ondermyn nie
  • die voorgestelde prosedures te volg wanneer ’n kollega onprofessioneel optree of hom/haar skuldig maak aan wangedrag
  • aanvaarbare taal in die teenwoordigheid van kollegas te gebruik
  • teenoor elke kollega met respek en professionaliteit op te tree
  • alle gebeure binne skoolverband as vertroulik te hanteer
  • ’n goeie gesindheid tussen kollegas te handhaaf

OUERS

Ons as Klein Ovie-ouers onderneem om

  • te alle tye die opvoeding van my kind met trots te ondersteun
  • by alle geleenthede die skool met integriteit, waardigheid en goeie gedrag te ondersteun
  • almal wat betrokke by die opvoeding van my kind is, met respek en waardigheid te behandel ongeag ras, taal en kultuur
  • die kanale wat daar deur die skool geskep is te volg om 'n grief op te los 

Ons as Klein Ovie-sportouers onderneem om

  • ons waardig en voorbeeldig langs die sportveld te gedra.   Spelers leer die beste deur ‘n voorbeeld wat aan hulle gestel word.
  • nie afrigters of skeidsregters te beledig, hulle eerlikheid in die openbaar te bevraagteken of vuiltaal teenoor hulle te gebruik nie
  • die waarde en belangrikheid van vrywillige afrigters en skeidsregters te erken
  • geweld op velde te alle tye af te keur
  • nooit ‘n kind te verneder of op hom/haar  te skreeu as hy/sy ‘n fout begaan nie
  • spelers aan te moedig om volgens die reëls te speel en vir hulle afrigters en skeidsregters te luister
  • erkenning vir goeie spel te gee ongeag of dit die opponente is
  • goeie sportmangees vir hulle kinders aan te leer en op en af van die veld dit te openbaar 
(* met erkenning aan die Stellenbosch Rugbyakademie)

Important extracts from:  "Education Law and Policy Handbook" (South African Schools Act 84 of 1996)

PARENTS
"The ultimate responsibility for learners' behaviour rests with their parents or guardians.  It is expected that parents will:
  • support the school and require  learners to observe all school rules and regulations and accept responsibility for any misbehaviour on their part and
  • take an active interest in their children's schoolwork and make it possible for the children to complete assigned homework.”
TUIS
ONS SKOOL
KOMMUNIKASIE
AKADEMIE
KULTUUR
SPORT
FOTOS

laerskool overberg

Laingstraat 20 | Posbus 186 | Caledon | 7230
Tel: 028-214 1590/1 | Faks: 028-212 2606 | e-pos: admin@kleinovies.co.za
Proudly Adell Designs co (Pty)Ltd
© COPYRIGHT 2021. ALL RIGHTS RESERVED.
  • Tuis
  • Ons Skool
    • Meer oor ons skool
    • Algemene Inligting
    • Personeel
    • Gedragskodes
    • Skoolreëls
  • KOMMUNIKASIE
    • Algemeen
    • Jaarblad
    • Jaarverslag
    • Kwartaal- & Jaarprogram
  • AKADEMIE
    • Akademie Algemeen
    • Vraestelle
  • Kultuur
  • Sport
  • Media
    • Foto's
    • Video's
    • Opvoedkundige artikel
  • Kontak ons