Hare mag nie oor die ore hang nie en nie aan die kraag raak nie.
Gekleurde hare mag nie in die skool gedra word nie.
Hare moet geleidelik van bo na onder korter gesny word (geen "steps")
Hare moet te alle tye skoon en netjies wees.
Slegs tradisionele haarstyle word toegelaat.
Meisies
Kuif mag nie aan die wenkbroue raak nie.
Hare wat langer as kraag is, moet vasgemaak word.
Lang kuiwe moet uit die oë geneem word met ’n band/knipppies of vasgemaak word op die kop.
Slegs wit, swart of donkerblou/koningsblou bykomstighede (rekkies, haarbande, linte) Geen uitspattighede word in die leerders se hare toegelaat nie. Silwer/goue haarknippies is toelaatbaar.
Poniesterte moet styf vasgemaak wees.
Gekleurde hare word nie in die skool toegelaat nie.
Hare moet te alle tye skoon en netjies wees.
JUWELIERSWARE
Slegs meisies mag die volgende juweliersware dra:
Slegs goue of silwer “studs” / klein oorringetjies(nie groter as 10 mm) word in ore toegelaat. Slegs 1 van bg. word per oor toegelaat.
Geen armbandjies van enige aard word toegelaat nie.
GRIMERING/NAELS
Geen grimering van enige aard word toegelaat nie.
Naels moet tot by die vingerpunte afgesny word. Slegs deurskynende naellak mag gebruik word.
SKOOLBUSSE
Geen leerder mag tydens ‘n rit in die bus rondloop of hardloop nie.
Geen leerder mag met sy/haar voete op die busse se banke sit nie.
Geen leerder mag voorwerpe by die bus se vensters uitgooi nie.
Geen leerder mag by ‘n bus se vensters uithang nie.
Geen leerder mag onnodig raas, gil of skree in die bus nie.
Geen leerder mag in die busse mors of voorwerpe rondgooi nie.
Geen leerder mag enige tekens /handgebare uit die bus wys nie.
No glass bottles are permitted in the buses.
SELFONE
Selfone word tydens die skooldag vir leerders onder die volgende voorwaardes toegelaat:
Selfone mag nie gedurende skoolure gebruik word nie, behalwe as toestemming daarvoor verleen is deur ‘n onderwyser van die skool. Leerders se selfone moet dus afgeskakel wees en mag nie sigbaar wees nie.
Die vertoon van enige pornografiese of ongewenste materiaal op die selfoon, word ten sterkste verbied tydens skoolure, alle saalbyeenkomste en –aktiwiteite of tydens busritte.
Die maak van videogrepe op ‘n selfoon word verbied tydens skoolure, tydens alle skoolbyeenkomste en –aktiwiteite of tydens busritte.
Verlore selfone is nie die skool se verantwoordelikheid nie en sal nie deur die skool vervang word nie. Die selfoon bly dus die verantwoordelikheid van die leerder.
Die skool voorsien sluitkassies vir leerders van alle grade waarin selfone veilig bewaar kan word tydens die skooldag. Sluitkassies kan teen ‘n minimale bedrag gehuur word by mev. Alicia Fourie.