alle ouers, besoekers by die skool, opvoeders en mede-leerders te respekteer ongeag ras, geslag, godsdiens en taal
te alle tye ‘n hoë vlak van dissipline te handhaaf deur gehoorsaam te wees aan die skoolreëls
te alle tye lojaal te wees teenoor die skool
eerlik en opreg te wees
stiptelik te wees in alle werkopdragte en
wangedrag te rapporteer aan die verantwoordelike opvoeders
netjiese werk te lewer
liefde aan sy/haar medemens en skool te openbaar
Regte en pligte van Ovie-leerders
‘n Ovie leerder het die reg om na geluister te word, maar die verantwoordelikheid om na ander te luister.
‘n Ovie leerder het die reg op ‘n goeie opvoeding, maar die verantwoordelikheid om sy/haar onderwysers te respekteer.
‘n Ovie leerder het die reg op liefde en beskerming, maar die verantwoordelikheid om vir ander om te gee en lief te wees.
‘n Ovie leerder het die reg op spesiale behandeling, maar die verantwoordelikheid om sy/haar beste te gee.
‘n Ovie leerder het die reg om foute te maak, maar die verantwoordelikheid om van sy/haar foute te leer.
‘n Ovie leerder het die reg op ‘n mooi en skoon skoolomgewing, maar die verantwoordelikheid om sy/haar skool skoon te hou en nie rommel te strooi of op mure en meubels te skryf nie.
‘n Ovie leerder het die reg om gesonde en voedsame kos te eet, maar die verantwoordelikheid om nie kos te mors nie.
OPVOEDERS
Hiermee onderneem die Klein Ovie-opvoeders om
Die opvoeder en die leerder
alle leerders by die skool te respekteer ongeag ras, geslag, godsdiens, vermoë
agtergrond en taal
te alle tye professioneel teenoor leerders op te tree
die waardigheid, privaatheid, vertroulikheid en regte van die leerders te eerbiedig
die individualiteit en behoeftes van elke leerder te erken
om onder geen omstandighede leerders te verneder nie en hulself te weerhou van enige vorm van fisiese of sielkundige misbruik
met gesag en deernis teenoor die leerders op te tree
binne haar/sy vermoë die nodige stappe te doen om die veiligheid van die leerders te verseker.
aanvaarbare taal te gebruik
nie die leerders seksueel, verbaal of liggaamlik te teister nie
daarna te strewe om hul leerders in staat stel om ’n stel waardes, soos vervat in die grondwet van Suid-Afrika, te ontwikkel
Die opvoeder en die ouer
goeie verhoudinge met elke ouer te bevorder
die ouer op gereelde grondslag in te lig oor die leerder se vordering (akademies en gedrag)
Die opvoeder t.o.v. die kollegas
nie die status en gesag van kollegas te ondermyn nie
die voorgestelde prosedures te volg wanneer ’n kollega onprofessioneel optree of hom/haar skuldig maak aan wangedrag
aanvaarbare taal in die teenwoordigheid van kollegas te gebruik
teenoor elke kollega met respek en professionaliteit op te tree
alle gebeure binne skoolverband as vertroulik te hanteer
’n goeie gesindheid tussen kollegas te handhaaf
OUERS
Ons as Klein Ovie-ouers onderneem om
te alle tye die opvoeding van my kind met trots te ondersteun
by alle geleenthede die skool met integriteit, waardigheid en goeie gedrag te ondersteun
almal wat betrokke by die opvoeding van my kind is, met respek en waardigheid te behandel ongeag ras, taal en kultuur
die kanale wat daar deur die skool geskep is te volg om 'n grief op te los
Ons as Klein Ovie-sportouers onderneem om
ons waardig en voorbeeldig langs die sportveld te gedra. Spelers leer die beste deur ‘n voorbeeld wat aan hulle gestel word.
nie afrigters of skeidsregters te beledig, hulle eerlikheid in die openbaar te bevraagteken of vuiltaal teenoor hulle te gebruik nie
die waarde en belangrikheid van vrywillige afrigters en skeidsregters te erken
geweld op velde te alle tye af te keur
nooit ‘n kind te verneder of op hom/haar te skreeu as hy/sy ‘n fout begaan nie
spelers aan te moedig om volgens die reëls te speel en vir hulle afrigters en skeidsregters te luister
erkenning vir goeie spel te gee ongeag of dit die opponente is
goeie sportmangees vir hulle kinders aan te leer en op en af van die veld dit te openbaar
(* met erkenning aan die Stellenbosch Rugbyakademie)
Important extracts from: "Education Law and Policy Handbook" (South African Schools Act 84 of 1996)
PARENTS "The ultimate responsibility for learners' behaviour rests with their parents or guardians. It is expected that parents will:
support the school and require learners to observe all school rules and regulations and accept responsibility for any misbehaviour on their part and
take an active interest in their children's schoolwork and make it possible for the children to complete assigned homework.”